VERMAAK

By die FAK Udolpho Rivierplaas is daar verskeie prettige doendinge wat altyd sorg vir ure se vermaak vir jonk én oud!

Mini-gholf

Vlugbal

Stap/draf/fietsry

Swembad

Visvang

Kettieskiet

Voer ons diertjies

Speelparkie

Voëlkyk

Spanbou

Mini-gholf

Udolpho se nege-putjie-mini-gholfbaan sorg altyd vir groot opwinding en gesonde kompetisie onder jonk en oud!

Bring gerus ‘n setstok of twee van die huis af saam, of kom maak ‘n draai by ons Snoepie om stokke en ‘n paar gholfballetjies te leen.

Vlugbal

Udolpho se vlugbalbaan sorg altyd vir groot pret, goeie oefening en ‘n seergelagde maag!

Bring jou vriende en kom maak gerus ‘n draai by die Snoepie, waar ons dan vir julle ‘n vlugbal kan leen indien julle nie een byderhand het nie!

Pragtige natuurtonele, die rustigheid van die plaas en die geluide van die diverse voëlspesies wat vlak rondom jou saamgesels, is waarna gaste kan uitsien tydens ‘n heerlike vroegoggenddraffie, ‘n lekker lang ent se stap saam met geliefdes of ‘n bergfietsrit op Udolpho se grondpaaie!

Swembad

Udolpho beskik oor ‘n pragtige, skoon swembad waar gaste heerlik kan afkoel op daardie snikhete Vrystaatse somersdae! Bring die piekniekmandjie en kom geniet ‘n luilekker dag saam met vriende en familie by ons eie potblou plaasdam!

Die Vaalrivier is bekend vir verskeie varswatervisspesies soos karpe, swartbaars, geelvisse en moddervisse, en daar is voorwaar al ‘n paar bielies nét híér by Udolpho uitgetrek! Kom maak gerus daardie lyne nat by ons pragtige rivierplaas!

Kettieskiet

Vra vir Pa of Ma vir ’n R5 en kom maak ’n draai by die Snoepie. Ons leen dan vir jou ’n kettie en jy kry ’n sakkie albasters vir daardie R5.

Daag jou maats uit vir ’n lekker rondte teikenskiet en kyk wie word gekroon as die kettieskietkoning!

Bring gerus die kleinspan en kom sê ‘n bietjie hallo vir ons dieremaatjies! Ons voer ons oulike dierekinders elke oggend, en julle kan ook kom help om kossies uit te sit!

Ons het ganse, hoenders en twee hasies, asook eende en twee makoue!

Udolpho beskik oor ‘n heerlike, ruim speelwerf wat reg langs ons pragtige swembad geleë is.

Daar is swaaie, klimrame, ‘n glyplank en ‘n trampolien waarop die jongspan kan baljaar, en wat altyd sorg vir ure se pret en baie lag!

Het jy al bietjie vroegoggend op die oewer van die Vaal gesit met ‘n koppie Boeretroos en verkyker in die hand, en gekyk hoeveel verskillende voëlspesies hul verskyning maak by ons prentjiemooi rivierplaas?

Spanbou

Die FAK Udolpho Rivierplaas se pragtige oop ruimtes, grasperke en Hoofterrein-vermaakfasiliteite, bied die ideale ligging vir groepe van verskillende groottes om aan ’n wye verskeidenheid, opwindende spanbou-aktiwiteite te kom deelneem!