KONFERENSIES

Udolpho se konferensiefasiliteite, ingesluit die Plaaskombuis, is ideaal vir die aanbied van ‘n wye reeks werkswinkels en ander strategiese saamtrekke.

Henning Klopper-saal

Sarie Marais-saal

Paul Kruger-saal

Tariewe

Henning Klopper-saal

Die Henning Klopper-saal bied aan gaste die ideale venue vir die aanbied van ’n verskeidenheid funksies en geleenthede wat wissel van werkswinkels, jaareindfunksies, kleiner binnenshuise konserte en verjaardae, tot skool -en kerkkampbyeenkomste.

Hierdie saal kan ’n maksimum van 80 gaste akkommodeer en is met lugversorging toegerus.

Die koste sluit die gebruik van die saal, tafels en stoele in.

Dekoritems soos tafeldoeke, eetgerei en breekware kan ook teen ’n nominale prys verskaf word.

Sarie Marais-saal

Die Sarie Marais-konferensielokaal bied die ideale ligging vir die fasilitering van intiemer vergaderings, werkswinkels, funksies of ander kleiner saamtrekke.

Hierdie fasiliteit het ook ’n selfsorgkombuis met al die nodige geriewe vir die voorbereiding van etes.

Die Sarie Marais-saal kan ’n maksimum van 30 mense akkommodeer.

Die koste sluit die gebruik van die saal, kombuis, tafels en stoele in.

Dekoritems soos tafeldoeke, eetgerei en breekware kan ook teen ’n nominale prys verskaf word.

Paul Kruger-saal

Die Paul Kruger-saal is ’n lokaal belaai met foto’s, artefakte en ander geskiedkundige items wat dateer uit die era van die Zuid-Afrikaansche Republiek en Anglo-Boereoorlog.

Hierdie vertrek bied nie net ’n interessante blik op hierdie kosbare elemente van die Afrikaner se ryk geskiedenis en kultuurerfenis nie, maar dien ook as die perfekte fasiliteit vir diegene wat belangstel om meer intiemer vergaderings, werkswinkels, funksies of ander kleiner saamtrekke aan te bied.

Die Paul Kruger-saal kan ’n maksimum van 30 mense akkommodeer.

Die koste sluit die gebruik van die saal, tafels en stoele in.

Dekoritems soos tafeldoeke, eetgerei en breekware kan ook teen ‘n nominale prys verskaf word.

Tariewe

Henning Klopper-saal

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R900

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R950

Naweke
(September-Februarie)

  • R1 070

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 230

Tariewe

Sarie Marais-saal

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R720

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R770

Naweke
(September-Februarie)

  • R860

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R950

Tariewe

Paul Kruger-saal

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R720

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R770

Naweke
(September-Februarie)

  • R860

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R950