ERFENIS

Kom leer meer oor die agtergrond en simboliek agter elkeen van die erfenisbakens wat te sien is by ons pragtige erfenisterrein.

Ouma se Huis

Penkopmonument

Opstaan-vrouemonument

Paul Kruger-grafblad

Ouma se Huis

As daar nou één plek is waar julle as gesin of vriendegroep beslís ’n draai moet kom maak met julle volgende besoek aan Udolpho, is dit by ons eie plaashuismuseum, Ouma se Huis!

Wat maak hierdie besienswaardigheid so spesiaal?

Ouma se Huis is ’n ou plaashuis wat opgeknap en omskep is in ’n eg-Afrikanertuiste van ouds waar besoekers weer opnuut die kulturele erfenis en tradisies van die Afrikaner kan kom herleef.

Hierdie unieke plaashuismuseum neem besoekers op ’n nostalgiese reis deur die verlede met ’n reeks oorspronklike oudhede wat uitgestal word in die verskillende vertrekke van die huis.

Maak seker jy loer in by Ouma se Huis vir ’n verrykende Afrikanerkultuurbelewenis soos min!

Penkopmonument

Die Penkopmonument vertel die storie van ’n jong seun, oftewel Penkop, wat tydens die Anglo-Boereoorlog ’n noodgedwonge kopskuif van seun na volwasse man moes maak en saam in die oorlog moes gaan veg.

Saam met die beeld is twee borde, met die name van 2 466 seuns tussen ses en 16 jaar, wat dié oorlog oorleef het, asook ’n aambeeld.

Die aambeeld is ’n simbool van die staal, daadkrag en harde werk van dié naoorlogse seuns.

Kom maak gerus ’n draai by hierdie inspirerende kunswerk – geskep deur beeldhouer en skilder Jacques Müller – wat op ’n treffende wyse die bouwerk van kinders simboliseer wat uit die ashope opgestaan en vir hulle ’n toekoms uitgekap het.

Die FAK Udolpho Rivierplaas herdenk jaarliks Konsentrasiekampdag op 16 Junie, en bring hulde aan die dapper Afrikanervroue en -dogters wat die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog oorleef en teruggekeer het na hul viernietigde plase om dit sélf weer te herbou.

Die Opstaan-vrouemonument vereer hierdie merkwaardige Afrikanervroue en -dogters, en is nog een van die bakens wat besigtig kan word by ons erfenisterrein.

Hierdie monument – ook geskep deur Jacques Müller – is ’n simbool van geloof en volharding gedurende een van die donkerste en mees onmenslike tydperke in die Afrikaner-volksgeskiedenis.

Saam met die Opstaan-vrouemonument is ’n herinneringsmuur met die name van die sowat 800 vroue en dogters wat die Anglo-Boereoorlog oorleef het.

Paul Kruger-grafblad

Die oorspronklike grafblad van president Paul Kruger is nóg ‘n baken wat gaste kan besoek vir ’n insiggewende blik op die lewe van dié historiese politieke ikoon, sy belangrike rol in die Afrikanergeskiedenis, en die agtergrond rondom die bewaring van dié grafblad juis op Udolpho.

Besoekers verwonder hulle ook keer op keer aan die pragtige gedig wat deur Jan FE Celliers oor Kruger geskryf is en op een van die muurtjies agter die grafsteen aangebring is.

Besoekers verwonder hulle ook keer op keer aan die pragtige gedig wat deur Jan FE Celliers oor Kruger geskryf is en op een van die muurtjies agter die grafsteen aangebring is.