Ons staan vir
Familie, Afrikaans en gasvryheid
Udolpho Rivierplaas is nie sommer net ’n oord nie. Dis ’n plaas waar jy jou skoene kan uitskop, kan rus en kan heel word. Dis die ideale plek om in die stilte van die natuur die stokperdjie te kom beoefen wat jy al vir jare onder in jou kas bêre. Hier kan jy kom skryf, op die stoep sit en hekel of verf of fotografie doen. Niks gaan jou steur nie – behalwe miskien ’n visarend wat roep of ’n jakkals wat tjank.
AKKOMMODASIE
vir gesinne en groepe
Klompie selfsorghuise, elk met sy eie karakter, nestel onder diep skadubome op die oewer van die Vaalrivier. Elke huis is vernoem na ’n Afrikaanse ikoon, liedjie of kunstenaar, met name soos die Droomvrou- en Trek Ferreira-oewerhuise, Nalekoker-rivierwoonstelle, Voshaarnooi- en Mannetjies Roux-slaapsale. Die akkommodasie langs die rivier bied nog baie moontlikhede, buiten verskeie huise vir gesinne: Woonstelle vir twee met ’n klein stoepie reg op die rivierwal waar paartjies kan uitspan; eenhede met gedeelde badkamers waar pa’s en seuns visvangnaweke kan kom hou; slaapsale vir kerk-, skool- en Voortrekkerkampe en houthuise vir vriende wat saam wil kom kuier; asook staanplek vir tente en karavane.
VERMAAK
Voel weer kind
Duik in die swembad, skiet ’n "springhaas" op die kettiebaan en hengel tot sononder. Hier is iets vir almal om te doen.
RAAK WEER
HEEL
#JOUVOLGENDEUITSIG